Pik Botha en sy tyd, Theresa Papenfus : boekresensie
2011; Academy of Science of South Africa; Volume: 51; Issue: 3 Linguagem: Africâner
ISSN
2224-7912
Autores Tópico(s)South African History and Culture
Resumo'n Vooraanstaande voormalige Suid-Afrikaanse generaal noem hom onbetroubaar, 'n aandagsoeker, 'n grootbek wat die land se buitelandse beleid groot skade aangedoen het; 'n voormalige studentemaat en latere politieke opponent se hy is 'n showman en was maar 'n onbetrokke minister; Kissinger se hy is 'n man van formaat; 'n voormalige Britse buitelandse minister se hy is 'n indrukwekkende professionalis; FW de Klerk noem hom 'n belangrike wegbereider, maar nie emosioneel stabiel genoeg om 'n eerste minister te wees nie; 'n lid van sy binnekring van amptenary se hy is 'n maverick, 'n jukskeibreker, stroomop. Hy was vir lang tye die liefling van die volk - Afrikaanse Nasionale Party ondersteuners. My kollegas in die drie verskillende Universiteitsdepartemente waar ek oor Pik Botha se loopbaan heen werksaam was, het meestal skerp akademiese en soms onvleiende praktiese kritiek teen sy diplomasie en manier van doen gehad. Pik Botha, lyk dit my, is een van daardie soort mense en politieke leiers wat jou dwing om heftig kant te kies: jy is of vir hom of teen hom, neutraal kan jy nie teen hom staan nie.
Referência(s)