Health and safety management practices in small and medium enterprises in the South African construction industry
2013; University of the Free State; Volume: 20; Issue: 1 Linguagem: Inglês
10.38140/as.v20i1.134
ISSN2415-0487
AutoresJustus Ngala Agumba, J.H.C. Pretorius, Theo C. Haupt,
Tópico(s)Construction Project Management and Performance
ResumoConsidering its share in, and impact on national economies, the construction industry receives additional attention in terms of its performance and productivity, especially among small and medium contractors. However, with the extensive workforce it employs, health and safety (HS Rajendran & Gambatese, 2009: 1072) that managing HS Rajendran & Gambatese, 2009: 1072) bevestig dat die bestuur van G&V help om te verseker dat die konstruksie-ondernemings hul G&V doelwitte bereik. As sodanig, bied G&V-bestuurspraktykte ʼn middel om G&V-prestasie te verbeter. Gegewe die oorheersing van klein en medium kontrakteurs in die konstruksiesektor, is die uitdaging daarin gelee om vas te stel wat op projekvlak deur hierdie klein en medium konstruksie-ondernemings (SMCEs) ondersoek moet word en watter maatreels ingestel moet word. Die doel van hierdie artikel is om die G&V-maatreels wat in die klein en medium konstruksie-ondernemings ingestel is geldig te verklaar vir die verbetering van G&V-prestasie op projekvlak. ʼn Beskrywende opname is gedoen en data is ingesamel deur die gebruik van ʼn gestruktureerde vraelys bestaande uit 31 praktyke. Hierdie bedrywe is geklassifiseer volgens vyf elemente wat uit die uitgebreide literatuurstudie ontwikkel is asook die deelname van 20 G&V-kundiges van wie 16 aan al vier iterasies van die Delphi opname deelgeneem het. ʼn Gerieflikheidsteekproef van 1.450 SMCEs is gebruik om die data te versamel. ʼn Totaal van 228 vraelyste is terug ontvang waarvan 216 response bruikbaar was vir ontleding. Die Statistiese Pakket vir die Sosiale Wetenskappe (SPSS) Weergawe 20 is gebruik om die konvergente geldigheid en betroubaarheid van die voorgestelde G&Vpraktykte te bepaal. Voorts is die respondente se persepsies van die G&Vpraktyke bepaal. Die vyf elemente, naamlik topbestuur se verbintenis tot en betrokkenheid in G&V, werknemerbetrokkenheid en -bemagtiging in G&V, projektoesig, G&V-projekbeplanning en kommunikasie in G&V en G&V-hulpbronne en -opleiding is beskou as die sleutelfaktore van G&V vir SMCEs op projekvlak. Werknemerbetrokkenheid en -bemagtiging in G&V was as die swakste attribuut binne die SMCEs beskou. Dit word dus aanbeveel dat werknemers op projekvlak binne SMCEs daadwerklik by G&V betrek moet word. Sleutelwoorde: Elemente, klein en medium konstruksie-organisasies, bekragtiging Full Article in English
Referência(s)