DIE POLITISERING VAN TAAL

1986; Taylor & Francis; Volume: 4; Issue: 3 Linguagem: Africâner

10.1080/10118063.1986.9724222

ISSN

1011-8063

Autores

J. C. Steyn,

Tópico(s)

Linguistic and Sociocultural Studies

Resumo

OPSOMMING Die politisering van Afrikaans van Unie-wording tot in die dertigerjare word behandel vanuit die gesigspunt van die wyse van politisering en die aspekte van taal wat deur die proses geraak word (soos taalvariëteite, woordeskat, uitspraak en spelling). Ten opsigte van die wyse van politisering onderskei die skrywer tussen (1) doelbewuste en (2) onbewuste en onbedoelde politisering. Eersgenoemde vind plaas wanneer die taal deur 'n politieke party van die taalgemeenskap self deel word van die politieke magstryd. Hierdie proses kan noodsaaklik of geregverdig wees wanneer die party streef na 'n hoër status en dikwels ook die standaardisering van die taal (soos Afrikaans tot 1925) of anders die behoud van die status. Politisering is onnodig of ongeregverdig wanneer die taalsentimente uitgebuit word om steun vir 'n politieke beweging te kry, maar die opheffing van 'n agtergestelde taal nie doel van die beweging is nie. Hierdie soort politisering is dikwels 'n gevolg van bewegings wat in mindere of meerdere mate imperialisties is. Onbedoelde politisering vind plaas wanneer die houding en optrede van 'n taalgemeenskap oor ander aangeleenthede aanleiding daartoe gee dat die vyande van die gemeenskap van die taal 'n teiken van aanvalle maak. Die taal dan word 'n soort simbool waarin soms baie ander griewe opgesom word. Die skrywer wys daarop dat die onbedoelde politisering van Afrikaans 'n baie komplekse agtergrond het en reeds uit die negentiende eeu dateer.

Referência(s)