Artigo Acesso aberto

Terminologie vir Drywingselektronika (Deel IV) Tiristorterminologie (vervolg)

1986; AOSIS; Volume: 5; Issue: 1 Linguagem: Africâner

10.4102/satnt.v5i1.968

ISSN

2222-4173

Autores

C. G. Steyn, J. D. van Wyk,

Tópico(s)

Greenhouse Technology and Climate Control

Resumo

Tiristor vs. beheerde silikongelykrigter G edurende die vroee tiristortydperk is die naam SC R -vir silicon controlled rectifier -deur veral die Amerikaanse verskaffers van drywingskomponente geskep en die wereld ingestuur.Die gevolg hiervan was dat vertalingsinstansies in Suid-Afrika eenvoudig 'n regstreekse vertaling uit Engels in Afrikaans gemaak het en die benaming BSG -vir beheerde silikongelykrigter -het noodwendig gevolg.Die benaming SC R is waarskynlik aanvaar om dat d aar op daardie stadium slegs 'n ,,onbeheerde" halfgeleierdrywingskakelelement -die diode -bestaan het; dit is in baie gevalle in silikontegnologie vervaardig.O m dat die (toe) nuwe vierlaaghalfgeleierelement ook in silikon vervaardig is, en boonop 'n beheerklem -die hek -gehad het, is die naam SCR toe ongelukkig in sommige lande gestandaardiseer.Ons se ,,ongelukkig" want daar kan heelwat besware teen die benaming SC R o f BSG ingebring word: (i) Die halfgeleiermateriaal waaruit hierdie element vervaardig word, hoef nie noodwendig silikon te wees nie.(ii) Die element is meer as net 'n beheerde gelykrigter; dit is 'n aktiewe ontsteekbare bistabiele elektroniese skakelelement.(iii) Die benaming SC R is aanvanklik vir 'n spesifieke element (sperrende triodetiristor) bedoel, terwyl die benaming tiristor as genusnaam gebruik is.Algaande is SC R egter as genusnaam gebruik, want van die elemente wat later ontwikkel is, is byvoorbeeld: ASCR-.asym m etrical silicon controlled rectifier, L A SC R : light-activated silicon controlled rectifier, GATASCR-.gate assisted turn-off asymmetrical silicon controlled rectifier.(iv) Die vakuumekwivalent van die SC R -die tiratron -het reeds lankal bestaan en die halfgeleierelement se benaming behoort dus hiermee verband te hou, mits die tiratron fundamenteel korrek benaam is.Om egter 'n taalkundige, tegniese, bruikbare en verantw oorde benaming te vind, moet daar eerstens na die fundamentele gemeenskaplike eienskap gekyk word.Hierdie (gewoonlik) vierlaaghalfgeleierelemente het almal twee stabiele toestande -aan en af.Wat die eksterne stroom baan, waarin so 'n element verbind is, betref, tree die element soos 'n skakelaar op.

Referência(s)