A Report on the Translation of Thirteen Jacques Brel Chansons into Afrikaans/'n Verslag Oor Die Vertaling Van Dertien Jacques Brel-Chansons in Afrikaans
2009; AOSIS; Volume: 30; Issue: 2 Linguagem: Africâner
ISSN
2219-8237
AutoresBernard Odendaal, N. C. Morgan,
Tópico(s)Linguistic and Sociocultural Studies
ResumoAbstract The authors of this article also translated the thirteen Jacques Brel chansons in question into Afrikaans. A brief explanation of the generic nature of the French and an evaluation of Brel's stature as a twentieth-century writer are followed by background details and a description of the translation process involved. Since literary quality is a particular characteristic of lyrics, several paragraphs are dedicated to a discussion of the poetic nature of Brel's songs. Opsomming Die skrywers van hierdie artikel is ook die Afrikaans-vertalers van die dertien Jacques Brel-chansons wat ter sprake kom. 'n Bondige omskrywing van die genre van die Franse en 'n aanstipping van Brel se statuur as twintigste-eeuse chansonnier word gevolg deur agtergrondinligting oor en 'n beskrywing van die gevolgde vertaalproses. Omdat literere gehalte 'n besondere kenmerk van chansonlirieke blyk te wees, word 'n aantal paragrawe gewy aan 'n bespreking van die digterlike aard van die betrokke liedere. 1. Vooraf Die outeurs van hierdie artikel is ook die vertalers van die dertien Jacques Brel-chansons wat ter sprake kom. Ter motivering van die vertaalpoging word eers iets gese oor die aard van die as liedgenre, asook oor die aansien wat Brel as twintigste-eeuse chansonnier geniet het, en steeds geniet. Daarna word die agtergrond en proses van die vertaalpoging kortliks beskryf. Aangesien die literere gehalte van chansonlirieke 'n uitstaande kenmerk daarvan is, word ten slotte 'n aantal paragrawe gewy aan die poetiese kwaliteite van die betrokke Brel-chansons. 2. Jacques Brel (08/04/1929-09/10/1978): Keiser van die In talle lande van die wereld klink die liedkuns van Jacques Brel, selfs byna dertig jaar na sy dood en reeds veertig jaar na sy allerlaaste verhoogoptrede as chansonnier in Mei 1967 (Van Altena, 2005:7), nog gereeld op in vertonings en opnames. (1) Afrikaanse musiekkunstenaars het hulle eweneens daaraan gewaag om sy werk te sing en op laserskyf vas te Ie: Laurika Rauch, Jannie du Toit, Andre Schwartz, Kevin Leo, Karin Hougaard, Coenie Villiers, ensovoorts. Gewoonlik geskied dit in Engels of Nederlands, maar in enkele gevalle ook in Afrikaanse vertaling. (2) Hoewel die byna ekstatiese Brel-bewondering van veral die sestigeren sewentigerjare intussen ietwat afgeneem het, (3) is bogenoemde tog 'n aanduiding dat die trefkrag van Brel se liedkuns nie afgeslyt het nie. (4) Die Amsterdamse digter Ernst van Altena, wat sowat 70 van Brel se liedere in Nederlands vertaal het en wat deur Brel self tot die bewaker van sy liedereskat in die Nederlandstalige wereld benoem is (Haveman, 2005:275), bestempel Brel as de keizer van het (Van Altena, 2005:7). Hy gaan voort: Waarschijnlijk ook realiseren we ons in retrospectief beter dat Brels dood het einde van een cultureel tijdperk inluidde en wel dat van het lied als groot theatraal expressiemiddel waarin persoonlijke poezie, inventieve, niet uit computer gehaalde muziek en dramatische uitdrukkingskracht nog konden samengaan om een breed, niet door generatiekloven gescheiden publiek te veroveren. Die van die Franstalige wereld, soos dit oor baie eeue maar veral oor die afgelope sowat 100 jaar sy beslag gekry het as chanson artistique, chanson litteraire of chanson poetique (Stemmet, 1992:52, 54), word gekenmerk deur die feit dat woord en musiek met ewe veel respek gehanteer word. Dikwels neem die digterlike woord 'n sentrale plek daarin in; daar is 'n duidelike oogmerk om 'poetisch' te functioneren (Van Gorp et al., 1993:67). Van die belangrikste Franse digters se werk is byvoorbeeld op hierdie wyse getoonset en populer gemaak: Verlaine, Rimbaud, Baudelaire, Hugo, Apollinaire, Ronsard, De Musset, Villon en andere. Uit wat onder meer Van Altena (2005:9-11), Dupre (2006:1-3) en 'n onbekende outeur van Wikipedia (2007:3) skryf, kan 'n mens die volgende as opvallende kenmerke van spesifiek Brel se chansonoeuvre uitsonder: * Die prominensie van temas soos die liefde(-sleed)--tendresse, dit wil se teerheid, is by hom die sleutelwoord in hierdie verband, eerder as amour--maar ook vriendskap of kameraderie, verknogtheid aan die Vlaamse landskap (5) en 'n byna obsessiewe bemoeienis met die dood. …
Referência(s)