Artigo Acesso aberto

BOEKBESPREKING

2015; Academy of Science of South Africa; Volume: 55; Issue: 3 Linguagem: Africâner

10.17159/2224-7912/2015/v55n3a12

ISSN

2224-7912

Autores

Michael Le Cordeur,

Tópico(s)

Legal Issues in South Africa

Resumo

Bruinmense se stryd teen apartheid gedokumenteerEk was 'n student aan die UWK toe prof.Van der Ross die rektor was.Op 93-jarige ouderdom is hy steeds 'n merkwaardige man.Die laaste keer dat ek hom gesien het, was September 2012 toe hy Adam Small se terugkeer na die openbare lewe tydens ʼn viering op Wellington bygewoon het.En ten spyte van sy ouderdom, het hy my herken.Bygevoeg, in 1977 was daar maar min van ons op die UWK.Ek lees 'n joernalis skryf dié oud-rektor van die Universiteit van Wes-Kaapland is op 93 nog vol grappe, maar ook ietwat sinies: "Dis lekker om 'n bruin man te wees, dis lekker om te jol en dis lekker om te sê: 'Moenie 'n bleddie fool wies nie'," het hy geskerts.Van der Ross het egter bygevoeg: "Bruinmense behoort aan 'n gemeenskap met talle probleme.Ons gemeenskappe is deurmekaar geskeur deur vele sosiale probleme.Sommige van ons mense druk liewers mekaar af, pleks daarvan om sy medemens te help.Om in Suid-Afrika te woon, is baie lekker, maar soms vind Bruinmense dit moeilik om hier te wees, want ons trek nie dieselfde voordeel uit die land as ander rasgroepe nie."Hierdie as agtergrond tot die volgende boekbespreking.Ek verlaat my aanvanklik op die eerste twee hoofstukke in die boek: die eerste deur Van der Ross se tydgenoot, Franklin Sonn, voormalige ambassadeur en rektor van die Skiereilandse Technikon, vandag die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie; die tweede deur van der Ross self.Maar eers moet ek iets sê oor die gebruik van die terme "Coloured", "Kleurling" en "bruin".Eerstens: die Coloured mense op hul eie, is nie 'n nasie of 'n ras nie(1).Trouens, die skrywer verwys self daarna as hy sê: " Daar sal diegene wees wat die boek sal kritiseer, wat sal sê die boek moes in die eerste instansie nooit geskryf gewees het nie, want daar is nie iets soos "Coloured people" nie (8).Die leser sal opmerk dat ek "Coloured" in aanhalings/kursief gebruik.Ek gebruik ook nie die woord "Kleurling" nie.Want vreemd soos wat dit vir sommige lesers sal klink, is Coloured en Kleurling nie sinonieme nie, die een is nie 'n vertaling van die ander nie.Hierdie groep mense is self meer gemaklik met die Engelse woord Coloured as met die Afrikaanse woord "Kleurling".Laasgenoemde is polities baie swaar gelaai en die meeste Bruinmense met wie ek interaksie het, vermy, ja verafsku selfs die woord.Dis vir ons die "K"-woord wat net so seermaak as die K-woord wat na swart mense verwys.Die woord hou die betekenis in dat enigeen wat nêrens inpas nie, word hieronder gegooi.Dis byna soos die drogwoord "Other" wat deesdae op al wat 'n vorm is, verskyn wat deur staatsamptenare ingevul moet word.Dit is kwetsend en moet liefs vermy word.Daarom

Referência(s)
Altmetric
PlumX