Artigo Revisado por pares

Paul Roux 'N Snit Uit Die Ongepubliseerde Roman: Hoofstuk 20

2011; AOSIS; Volume: 32; Issue: 1 Linguagem: Africâner

ISSN

2219-8237

Autores

Renee Rautenbach Conradie,

Tópico(s)

Legal Issues in South Africa

Resumo

Heimwee stuur Paul tot voor die serfyntjie wanneer dit blyk dat al die besoekers weg is. Hy sit eers 'n hele ruk stil, geboe oor die klawers. Die herinnering aan sy teesinnigheid as kind toe sy ma hom wou leer speel, laat hom glimlag. As Ma my nou kon dink hy toe hy saggies begin trap en sonder plan begin speel. Die wysie korn spontaan en hy neurie eers 'n ruk voor die woorde uitkom. Waar Tafelberg begin, tot ver in die Transvaal Woon een verenig volk--een algemene taal; Een volk voorheen miskent, een taal voorheen gesmoort, Maar nou beroemt, geeert, in Oos, Wes, Suid en Noord Paul kan half nie glo dat hy die woorde van sy kinderdae af onthou Europa! Roem gerus opal jou grote prag. Ons wil ons lot nie ruil, nie vir een enkel dag; By jou is plaasgebrek en dikwels hongersnood; By ons is goud genoeg; die wat wil werk het brood. Vir die eerste keer bedink Paul die woorde van die lied terwyl hy hier en daar oor die note struikel. Hy moet tog kyk of Mansvelt nie 'n liedereboek in sy onderwysuitstalling het Maar hy twyfel, want dit is alles so styf, so Hollands, so Transvaals. Die ironie van die oorlog wat die woorde weerl6, laat hom ophou speel. Hy kan ook nie verder mooi onthou nie, net: segen liewe Heer, 't verenigt Afrika! Gmf! Dit is ook die naaste wat julle Kolonialers aan 'n volkslied sal kom. Paul draai verbaas om, maar sien niemand in die klein voorhuis Hy staan op en Ioer om die hoeke in die ander vertrekke in. 'n Jong man le doodluiters op die ledekantkatel in die een slaapkamer. So ewe met die hande agter sy kop gevou en bene gekruis. ken seker nie eens Kent gij dat volk of Heft Burgers nie. En hoe, soos ons in die Kolonie sou se, voer neef altemit die van? Het jou ma jou nie maniere geleer nie? Paul is lus om hom allerhande leliker dinge toe te voeg, maar hy hoor voetstappe elders in die Boerehuis. sing minstens in my eie taal, kan hy nie laat verbygaan nie en draai om om uit te Ioop, maar die jong man swaai sy bene van die bed af en steek sy hand na Paul toe uit. Wessels. Hy glimlag breed agter sy rooi baard en staande lyk hy nog meer verkreukel as toe hy gele het. Paul dink dat hy self seker net so gelyk het toe hy hier aangeland het. Ferweelbroek, vervormde baadjie, growwe, dowwe skoene. Hy het nie lus vir die geselskap van die ongepoetste man nie, hy was lus vir alleenwees. Roux, se Paul op sy beurt. Ja ek weet, ek het vir jou 'n brief gebring. Uit die Boland? Van my ouers af? Nee, van Engeland af. Ek was op die Avondale Castle. Miriam, weet Paul dadelik. Hy wil nie gevoelens voor die vrypostige vreemdeling wys nie, maar voel eintlik lus om weg te loop. Hiervoor is hy nie nou reg Waarvoor is jy hier in Parys? kry Paul darem uit. kan nie eintlik vir jou se Maar ek hardloop nie weg nie. Is jy dan saam met die Deputasie van Fischer-hulle? Daar is mos ook 'n Wessels by. Ek het gehoor hulle kom binnekort hiernatoe. Toevallig 'n oom van my, maar nee, hulle weet nie eens ek is hier Jy hoef dit ook nie uit te basuin Ek het ander dinge om te doen. Die jong Wessels haal die brief uit sy baadjiesak en gee dit vir Paul. Die koevert is nogal dik. sal jou weer sien, se hy terwyl hy by die deur uitloop. Paul bly half verdwaas met die brief in sy hand staan terwyl hy Wessels agterna kyk. Nogal 'n voorbarigheid in sy stap, dink Paul, maar sy gedagtes skuif na Miriam toe wat nou na drie jaar waarin hy van haar probeer vergeet het, verskyn. Paul gaan sit op die rand van die riempiesbank en steek eers sy pyp op voor hy die koevert versigtig oopskeur. Voorwaar 'n dik brief, dalk meer as een. Ses velle dun blou papier is inmekaar gevou en daarby nog twee poskaarte ook. Toe hy Miriam se netjiese, fyn handskrif kyk hy eers 'n slag weg en haal diep asem. …

Referência(s)