Artigo Revisado por pares

"Le Plat Pays" (Jacques Brel) Poetically Praised in Afrikaans-Notes on Iconicity in the Original and Translated Chanson Texts/ "Le Plat Pays" (Jacques Brel) Poeties Besing in Afrikaans-Aantekeninge Oor Ikonisiteit in Die Oorspronklike En Vertaalde Chansontekste

2009; AOSIS; Volume: 30; Issue: 3 Linguagem: Africâner

ISSN

2219-8237

Autores

Bernard Odendaal, Nigel M Morgan,

Tópico(s)

Translation Studies and Practices

Resumo

Abstract The authors of this article translated the well-known chanson about Flanders, Le plat pays, into Afrikaans as part of an extensive and ongoing Jacques Brel translation project initiated in 2005. In this analysis of both the original and translated Le plat pays lyrics, the marked poetic qualifies of Brers chanson are laid bare, as are some semantic differences--and the implications for the analysis thereof--between source (original) and target (translated) texts. Opsomming Die outeurs van hierdie artikel het die bekende chanson oor Vlaandere, Le plat pays, in Afrikaans vertaal as onderdeel van 'n uitgebreide en voortgaande Jacques Brel-vertaalprojek, wat in 2005 van stapel gestuur is. In hierdie ontleding van sowel die oorspronklike as die vertaalde Le plat pays-Iirieke word die opmerklike poetiese kwaliteite van Brel se chanson blootgele, asook bepaalde semantiese verskille--en die implikasies vir die interpretasie daarvan--tussen crie bron- en doeltekste (oorspronklike en vertaalde tekste). 1. Vooraf Die outeurs van hierdie artikel het in 'n vorige bespreking (Odendaal & Morgan, 2009) aandag gegee aan die kenmerkend literere kwaliteite van die chanson as liedgenre, asook aan Jacques Brel as toonaangewende chansonnier van die twintigste eeu. Daarna is die literere aard van dertien van Brel se chansons, wat as eerste fase van 'n voortgesette Jacques Brel-projek in 2005 deur die artikelouteurs in Afrikaans vertaal is, uiteengesit, terwyl die aandag hier en daar ook gevestig is op vertaalstrategiee wat in die proses gevolg is. In hierdie opvolgartikel word van die dertien vertaalde chansons, naamlik die bekende Le plat pays, in meer besonderhede as digterlike teks ontleed. Die fokus vai veral op die verikoniserende kenmerke daarvan en word gedoen na aanleiding van 'n kernagtige uiteensetting van die begrip ikonisiteit. Eers kom die oorspronklike Franse liriek (bronteks) onder die Ioep, en daarna die Afrikaanse omsetting (doelteks). Laasgenoemde bied ook die geleentheid om, deur middel van 'n vergelyking met die bronteks, meer uitgebreide kommentaar te lewer op die vertaalstrategiee wat gevolg is, en wel deur benutting van vertaalwetenskaplike terminologie soos onder meer uiteengesit deur Naude (2001). 2. Enkele opmerkings oor ikonisitelt 'n Nuttige begrip om die digterlike gehalte van Le plat pays te help beskryf, is ikonisiteit. Hoewel teoretici beklemtoon dat ikoniese tekens (as form miming meaning, of as the motivated sign) (1) omnipresent in Ianguage and verbal communication is (Noth, 2001:18; vgl. ook Fonagy, 1999:4), word dit tog gereeld uitgesonder (bv. deur Van Zoest, 1978:104-105) as 'n besondere eienskap van die literere en veral die poetiese werk. (2) Of soos Bronzwaer (1990:97), in aansluiting by Lotman (1977), dit stel: Poetisch taalgebruik, actief of passief, is dat taalgebruik waarin wij streven naar maximale iconiciteit van de boodschap[.] Dit behels taalgebruik waarmee wij aan de opzegbaarheid van de tekens proberen te ontsnappen (Bronzwaer, 1993:31), naamlik deur die toevoeging van 'n Distorter or Modifier, i.e. a system of complementary iconic encoding (Fonagy, 1999:25). Ikone is van die drie basiese tekensoorte wat deur die Amerikaanse filosoof en Iogikus Charles Peirce op grond van die verhouding tussen tekens en objekte onderskei is (vgl. Odendaal, 1997:39-40; ook bv. Johansen, 2003:379). Ikone staan volgens hom in 'n relasie van gelykenis (3) met die objekte waarna hulle refereer en is derhalwe die mees fundamentele tekentipe; dit het een soort directe overtuigingskracht, onmiddelijke, 'verleidende' werking (Van Zoest, 1978:106). (4) Klanknabootsende woorde is maklik herkenbare en begryplike voorbeelde van ikoniese tekens, maar byvoorbeeld in die poesie kan feitlik enige talige, stilistiese, verstegniese, vormlike en tipografiese elemente ikonies benut word (Bronzwaer, 1993:27-28). …

Referência(s)