Artigo Revisado por pares

The Magnetism of the ocean/Die Aantrekkingskrag Van Die See

2008; AOSIS; Volume: 29; Issue: 3 Linguagem: Africâner

ISSN

2219-8237

Autores

I. Gertenbach,

Tópico(s)

Language, Metaphor, and Cognition

Resumo

Abstract This article compares the use of symbolism in the poetry of Karin Boye, Ingrid Jonker and Sylvia Plath. Freud's oceanic feeling is described and contrasted with Jung's theory of the great mother, According to Jung, the great mother is the unconscious which is represented by water. All these elements are discussed in the poems and compared to each other in order to gain a better understanding of the poetry. Although death (drowning) in the ocean appears to point to new life, it ends in unification with the archetypal mother. This liberates the poets symbolically, but not physically. Opsomming Hierdie artikel vergelyk die seesimboliek in die poesie van Karin Boye, Ingrid Jonker en Sylvia Plath, Freud se oseaanbelewenis word beskryf en teenoor Jung se teoriee van crie geplaas. Die is volgens Jung ook die onbewuste, wat deur middel van water voorgestel word. Al hierdie elemente word in die gedigte bespreek en teenoor mekaar geplaas om die werklike betekenis van die gedigte na te speur. Al lyk dit asof die dood (verdrinking) in die see op nuwe lewe dui, is die uiteinde daarvan eintlik vereniging met die argetipiese moeder. Dit verlos die digters dus simbolies, maar nie fisies nie. 1. Inleiding Die sielkundiges Sigmund Freud en Carl Gustav Jung het ses jaar lank 'n noue vriendskap gehad totdat Jung se Transformations and symbols of the libido (Stevens, 1994:22) in druk verskyn het. Hierdie boek het gelei tot 'n breuk tussen huile, omdat Freud gemeen het elkeen het sy eie, unieke, persoonlike onbewuste, terwyl Jung van mening was dat dit deur die mensdom gedeel word. Die kern van die mens se kollektiewe onbewuste is volgens Jung die self, omring deur soortgelyke argetipes. 'n Mens word met argetipes gebore; oerbeelde wat al eeue lank van ouer na kind oorgedra word (Jung, 1959:5). Die argetipe kry 'n persoonlike vorm of kleur, wat Jung 'n kompleks noem, aangesien mense in verskillende omstandighede (land, tydperk, ras, ens.) gebore word (Stevens, 1994:48). Argetipes sluit die anima/animus, die skaduwee, die wyse ou man en die groot moeder in. Die doel is van hierdie artikel is om die gebruik van die verlange na die see, op 'n simboliese vlak, deur die digters Karen Boye, Ingrid Jonker en Sylvia Plath te vergelyk. Volgens Jung is die moederlike betekenis van water (see, riviere, en dies meer) een van die duidelikste interpretasies van 'n simbool in die mitologie (Jung, 1956:218) en hier word dit in poesie nagespeur. Die sielkundiges se standpunte hieroor word ook teenoor mekaar geplaas. 2. Oseaanbelewenis Freud noem die begeerte na eenwording met die see 'n ervaring of oseaanbelewenis (Strachey et al., 1961:64; Van Wyk, 1984). Hiermee verwys hy na die mens se simboliese drang om 'n grenslose eenheid met die heelal te vorm (Milner, 1988:418). Dit is simbolies daarin dat dit nie 'n werklike drang na hergeboorte is nie, maar 'n simbool, soos die see, wat dieselfde geborgenheid as die baarmoeder bied. Hierdie gevoel kan teruggevoer word na die embrionale stadium van die mens se ontwikkeling. Die ervaringswereld binne die baarmoeder is soos 'n oseaniese belewenis, waar 'n mens 'n byna grenslose eenheid met die moeder beleef. Die kind en die moeder is nie identies nie, maar vanwee die watermassa waarin die baba sweef, voel dit nie asof daar 'n grens tussen die twee is nie. Op hierdie manier is die kind se identiteit een met die van die moeder. Verder ervaar 'n mens nie honger, dors of ongemak binne die baarmoeder nie, maar na geboorte is dit belangrik dat die baba gewoond raak aan sy geskeidenheid (separateness). Dit beteken dat die baba bewus moet word van homself as 'n wese met 'n eie identiteit, eie behoeftes en sensasies (Gertenbach, 1997). Ten spyte van hierdie vurige verlange na die oseaan, is die verlange met vrees gevul aangesien die persoon deur sy eenheid met die see (of baarmoeder) sy eie identiteit verloor. …

Referência(s)