Narokkong: Die Roep Van Die Narokkong Bly Jou By
2016; AOSIS; Volume: 37; Issue: 1 Linguagem: Africâner
ISSN
2219-8237
Autores Tópico(s)South African History and Culture
ResumoNarokkong, die debuutbundel van Riel Franzsen, is geskoei op 'n (na my wete) oorspronklike konsep in die Afrikaanse poesie, naamlik die outisme van die spreker se seun. Elke leser moet self oordeel of hierdie nou omvang van die bundel beperkend is en of Narokkong juis as 'n geslaagde 'eenheidsbundel' bestempel kan word. Die impak van outisme op sowel die seun as sy ouers word sistematies geskets, onder andere in 'Outisme I' (bl. 16): Ouers wonder verwilderd maar die outis, wild en verwonderd, vra: Waar is ek? Waar is ek? Hoe dans mens in sirkels in hierdie vierkantige plek? Die gegewe van die outistiese kind word deur 'n intertekstuele laag aangevul. In die gedig 'Narokkong' (bl. 14) word die titel van die bundel verklaar met behulp van 'n verwysing na 'n skets deur Sangiro getitel 'Koors'. Volgens die omdigting van hierdie skets is die narokkong 'n nagvoel wat in die top van 'n naboom in Kenia leef en selfs die plaaslike Masai weet nie waarvan die voel leef nie. In die slotstrofe (bl. 14) eien die spreker hierdie byna mitiese voel toe as 'n onheilsvoel wat outisme veral onder seuns veroorsaak: hy maak jag op die mens en vir elke meisie wat hy gryp en verskeur hang daar, volgens voorkeur, vier seuns in sy spens. Daar is egter reeds in 'Diagnose' (bl. 11) sprake van n nagvoel se geskree' wat suggereer dat die gedigte ook buite hulle volgorde in die bundel gelees sou kon word. In die gedig 'Timbavati' (bl. 33) word dit duidelik dat D.J. Opperman in sy gedig 'Koggelbos' (uit Komas uit 'n bamboesstok) met Sangiro in gesprek getree het. In die gedig speel Opperman met die eendersheid van 'naboom' en 'naboots' en die 'narokkong' word 'n koggelende voel. In Narokkong is daar telkens sprake van outisme as 'n koggelende herinnering wat feitlik elke alledaagse aktiwiteit besmet. Omvattende kennis van voels spreek uit die feit dat Franzsen die woord narokensis in die wetenskaplike naam vir die 'Oostelike heuningwyser' (bl. 43) nagespeur het. Die gedig bevat, teen die leser se aanvanklike verwagting in, 'n speelse element waarin daar van een assosiasie na 'n ander gespring kan word sonder om by droe feite vas te steek. Dit is duidelik dat die heuningwyser in die gedig nie 'n nagvoel is nie, maar die wyse waarop die voel die herder in die gedig bedrieg, 'verby die bynes' na die 'naboomnes', verwoord knap die verwarring waaraan die spreker in Narokkong sowel as die outistiese kind gereeld onderwerp word. Al die verwysings na die 'nagvoel' of 'Swartoog' (soos dit ook genoem word) in die bundel bewerk eenheid en dit is 'n beeld wat die leser agterna bybly. Die bundel begin met 'Vrugwater' (bl. 9) en ontvou verder as 'n taamlik liniere maar nie streng-chronologiese verslag van die lewe van 'n outistiese seun. Ervarings progresseer van '[h]ospitaalgange'(bl. …
Referência(s)