Prophet without honour; F.S. Malan: Afrikaner, South African and Cape liberal, F.A. Mouton : boekbespreking

2012; Academy of Science of South Africa; Volume: 52; Issue: 1 Linguagem: Africâner

ISSN

2224-7912

Autores

Pieter De Klerk,

Tópico(s)

South African History and Culture

Resumo

Prophet without honour is die derde biografiese werk van Alex Mouton, professor in Geskiedenis aan die Universiteit van Suid-Afrika. Hy het, benewens ander historiese studies, in 1997 'n dubbelbiografie oor die politici William en Margaret Ballinger en in 2002 'n boek oor die joernalis en politieke meningsvormer Schalk Pienaar die lig laat sien. In sy voorwoord verklaar Mouton dat hy nie 'n gedetailleerde oorsig van alle aspekte van F.S. Malan (1871-1941) se lewe en werk probeer gee nie, maar 'n beeld wil verskaf waarin sy persoonlikheid en die kernaspekte van sy loopbaan na vore kom, naamlik liberalism, religious beliefs and progressive theological views, his Afrikaner nationalism and desire to create a South African nation by reconciling Afrikaners and English-speakers, as well as his anti-capitalist views. Uitgebreide biografiese werke word tans nog dikwels geskryf, ook in Afrikaans. J.C. Kannnemeyer het in die afgelope jare ses biografiee van skrywers die lig laat sien wat elk tussen 500 en 750 bladsye beslaan, terwyl 'n boek van meer as 'n duisend bladsye oor die politikus Pik Botha in 2010 verskyn het. Dit dui daarop dat daar in Suid-Afrika nog 'n lesersmark vir omvangryke biografiee bestaan. Daar is waarskynlik tog heelwat mense wat nie 'n boek van ses- of sewehonderd bladsye sal aandurf nie, maar wel 'n beknopter werk sal lees. Verder kom in 'n baie uitgebreide beskrywing die hooflyne soms nie duidelik na vore te midde van al die besonderhede nie.

Referência(s)