Artigo Revisado por pares

Die storie van "Pikkewyn" Pik Botha and his Times, T. Papenfus : boekresensie

2012; Franz Steiner Verlag; Volume: 57; Issue: 1 Linguagem: Africâner

ISSN

2365-3108

Autores

Juan Klee,

Tópico(s)

South African History and Culture

Resumo

Talle biografiee oor prominente Suid-Afrikaanse politici het al die lig gesien maar min van hulle lees soos 'n roman. 'n Roman met elemente van spanning, ontroering, ontnugtering en humor. Pikkewyn, oftewel Pik Botha, se verhaal is een van 'n begaafde en besielende Nasionale Party (NP) politikus wat hom gestaal het teen talle politieke en persoonlike uitdagings en terugslae. 'n Politikus wat in politieke denke, beleidsformulering en uitsprake sy tyd in sommige opsigte vooruit was, en in sekere opsigte vars bries in die bedompige Suid-Afrikaanse politiek van die 1970's en 1980's gebring het. Sy uitsprake en politieke denke het hom dikwels in diep waters laat beland by kollegas en kiesers maar dit het hom nie van stryk laat bring nie. Dit is die verhaal van iemand wat daarvoor bekend was om gedigte op die agterkant van sigaretdosies te skryf; 'n ware ambassadeur was wat in Suid-Afrika se toekoms geglo het; iemand wat 'n deeglike begrip gehad het vir al die land se probleme maar ook besef het dat sy demokratisering teen 'n prys sou kom.

Referência(s)