(Die) utopie(se) en (ander)wording in Neill Blomkamp se wetenskapsfiksie-trilogie: District 9 (2009), Elysium (2013) en Chappie (2015)
2020; Academy of Science of South Africa; Volume: 60; Issue: 4 Linguagem: Africâner
ISSN
2224-7912
Autores Tópico(s)Contemporary Literature and Criticism
ResumoHierdie artikel stel ondersoek in na die wyses waarop die konsep van utopie en/of die utopiese met ’n Deleuziaanse konsep van wording en/of anderswording in verband gebring kan word. Aangesien ’n tematisering van utopie, of alternatiewelik ’n problematisering van hierdie begrip, dikwels in die wetenskapsfiksie-genre vergestalt word, word vir die doeleindes van die ondersoek die wetenskapsfiksie-trilogie van regisseur Neill Blomkamp bespreek. Op verhaalvlak is daar in District 9, Elysium en Chappie telkens voorbeelde van wording of anderswording, wat elk in terme van ’n utopiese horison geinterpreteer kan word. Hoewel die protagonis van District 9 anders word, is die utopie waarop Wikus wag ’n terugskouende en statiese restourasie van die verlede. En hoewel Max in Elysium betreklik min verander, realiseer hy deur middel van sy lewensoffer ’n oenskynlike utopie vir almal, wat by nabetragting egter insgelyks ’n statiese opvatting van utopie verraai – ’n wereld wat die distopiese saad reeds in sy kern dra. Chappie skyn die enigste film van die trilogie te wees om Deleuze se idee van wording met utopie as die dinamiese utopiese in verband te bring.
Referência(s)