Artigo Revisado por pares

Met Onder Woorde

2007; AOSIS; Volume: 28; Issue: 3 Linguagem: Africâner

ISSN

2219-8237

Autores

Sandra Nortje,

Tópico(s)

Linguistic research and analysis

Resumo

Sy het koffie gemors, sien sy. Ag, wat. Die vlek op die tafeldoek lyk baie soos daardie vlekke op papier waaroor sy by die sielkundige oor moes praat. Die man het toe woord vir woord neergeskryf wat sy se--onthou sy verbaas. Maar nou sit Hermien Engelbrecht in stilte langs die kombuistafel, so met haar elmboe op die tafel voor haar. 'n Halflee beker halfkoue koffie wat so skewerig in haar een hand hang, die skuldige teelepel in die ander. Aan die oorkant van die tafel is daar nog 'n stukkie spek en 'n half geeete stuk donker, byna bittergeroosterde brood in sy bord. Sy het nie saam geeet nie. ook nie juis gepraat nie. Sy hoor vir Bernard die trap opkom. Sonder dat sy in die badkamer was, weet sy dat hy lank en deeglik sy tande geborsel het en toe eers gegorrel het, voordat hy sy mond onder die kraan uitgespoel en eers weer sy hare versigtig gekam het; sy hare wat begin min word, maar nie te min om deeglik te kam nie. In die eetkamer vat Bernard Engeibrecht sy aktetas op die tafel. Hy skuif 'n paar papiere rond. Sy hoor die knippies toegaan en hoor hoe hy die veiligheidslotjie 'n draai of twee gee. Sy ken die kombinasie van die slot--dag en datum van hulle troue. kan mens dit nie vergeet nie, se hy altyd. Die dag toe sy verpligting om vir haar te sorg begin het, se hy dan laggend. Hy wonder wat de bliksem hom besiel het, se hy dan, en lag nog meer. Oomblikke later staan hy in die deur tussen die eetkamer en die kombuis. Oppad? vra sy, eintlik onnodig. dan oudergewoonte: En wat wil jy vanaand eet? Sy maak haar japon se band effens Ios, maak seker die twee voorpante vou netjies en ver oormekaar en knoop die bande opnuut weer baie styf vas. Ja, ek moet gaan ek weet nie--enigiets antwoord Bernard. Hy soen haar vinnig op die wang wat sy na hom toe draai, terwyl hy al sy hand uitsteek om die agterdeur oop te maak. En wat gaan jy vandag met jouself aanvang? vra hy, maar verwag nie juis 'n antwoord nie en het ook nie tyd of lus oto daarna te luister nie. Gisteraand se gedoente hang nog 'n bietjie hier in die lug tussen huile. dit ailes oor haar besoek aan die sielkundige. Hy het nie gedink dis so 'n goeie idee om te gaan nie. Hy dink dinge is OK soos dit is, hy weet nie waaroor sy ewig so kerm nie. Dinge sal regkom, en as dit nie regkom nie, dan is dit soos dit is, en altyd al was. Waarom neuk sy s6? is nog nie doodseker nie. Ek moet werk aan daardie Carverkortverhaal wat ek besig is om te vertaal ... se sy, so half vir haarself, want hy is al by die agterdeur uit, maar sy ruik nog die seep en die te veel naskeer wat skerp in die lug om haar hang. Sy drink die laaste bietjie koue koffie en pak dan lusteloos die vuil skottelgoed in die masjien, sodat sy nie meer teen die stuk varkspek en bitter brood hoef vas te kyk nie. Traag Ioop sy die gang af om te gaan bad. Die ou bekende swaarte in haar gemoed roi weer die kant toe en daardie kant toe en kom dan oudergewoonte tussen haar blaaie le--soos elke ander dag vir byna solank as wat sy kan onthou. Sy hoor weer die sielkundige toe hy vra: So tell me, why do you think you need a shrink? Magtig, wonder sy, waarom moet sy selfs in vertaling in haar siel gaan krap? Sy skuif die moue van haar japon effens op. Kan sy nie maar gewoon in Afrikaans se hoe sy voel nie? Die man het haar buitendien onverhoeds gevang. Sy is nie so goed met vinnige antwoorde nie, maar nou weet sy wat sy moes se: To make me smaller. nou antwoord sy hom tog: To make me smaller, en sonder dat sy self eers mooi bewus is daarvan pers sy haar lippe saam en knik stadig beamend haar kop. Op en af. Op en af. Sy vat die Carver-boek wat op die bedkassie Ie saam badkamer toe toe sy deur die kamer Ioop en soek gou die kortverhaal waaraan sy begin werk het. Sy kry dit maklik--op bladsy 165--en dan sit sy die boek gesig-na-onder op die badrand neer, sit die prop in die bad en draai die krane oop. …

Referência(s)